Menu
Oikonomias
  • Home
  • Die HERE is goed
  • Wag op die HERE
  • Afrikaanse gedigte
  • Los gedagtes
  • Engelse Gedigte
Oikonomias

LAAT MY LEWE GETUIG

Posted on December 14, 2022

U woord my God is al waarna ek smag,
ek bedink dit dag en nag,
Dit is my enigste hoop, my enigste krag.
My hart sal U redding altyd verwag.

Daar is vir my geen goed bo U,
want U het my geheilig,
U het my beveilig.
Deur die kruishout is U Seun gepynig,
deur Sy bloed word ek gereinig.

Tot U lof en eer,
het dit gebeur.
Ja tot U lof en eer,
het my sonde oor my nie beheer.

Om te wandel in U weg,
sonder skuld voor die gereg,
kom slegs navore,
in die hart opnuut gebore.

Laat my jubel en sing,
al sal die vyand en dood my omring.
Hy bly ewig en getrou,
Sy liefde het my omvou,
op Hom alleen sal ek vertrou.

Met vreugde sal daar verrys,
‘n lied, ja ‘n Psalm, wat Sy deugde prys.
Uit die dieptes van my hart,
eens gevul met sonde en smart.
Kan nou jubel en juig,
en niks sal my laat swyg,
Hy is my God, laat my lewe getuig.

1 thought on “LAAT MY LEWE GETUIG”

  1. Shantell Andersen says:
    February 15, 2024 at 11:45

    Shoe Marnu dit is verskriklik mooi!

    Reply

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Recent Posts

  • Tot eer van God
  • Voed die skape
  • ‘N VERLANGE OM TE HOORT
  • Ravening Wolves Who Wreak Havoc
  • Getrou tot die dood toe

Recent Comments

  1. Shantell Andersen on LAAT MY LEWE GETUIG

Archives

  • July 2023
  • May 2023
  • April 2023
  • March 2023
  • January 2023
  • December 2022
  • November 2022

Categories

  • Aanhalings
  • Afrikaanse gedigte
  • Engelse Gedigte
  • Los gedagtes
  • Preke
  • Uncategorized
@2023 Oikonomias