Om hulle toe te rus vir hulle dienswerk … Voed die skape.
Die prediker versier nie die bruid van Christus met wat hy wil nie. Hy voed haar met Christus. Hy skilder Christus af as haar geliefde man. Die gekruisigde. Die roem is dan in geen prediker nie, want hy is bloot ‘n stem wat uitroep. ‘n Stem wat heen wys na die een wie hy nie waardig is om die skoenriem van los te maak nie.
Ja, deur die dwaasheid van die predeking sal die wysheid wel geregverdig word deur haar kinders. Want dit is slegs deur die genade en bloed van Christus wat die regverdige bekleed sal wees met wit skoon linne. Die regverdige dade sal dan op die laaste dag vanself getuig.
Ja, laat die prediker nie roem in getalle en allerhande wêreldse nonsens nie. Dit versadig die vlees en streel die oor van die hoorders wat gevlei wil word. Maar op die laaste dag sal hy wees ‘n stoppel en sy werk ‘n vonk. Weë hom dan wat in homself wil roem. Weë hom wat ‘n ander evangelie verkondig. Hou jou nie besig met onsinnige praatjies en dit waarop die oog en vlees hom in beroem nie. Maar soos ‘n getroue dienskneg vul in jou vlees aan die oorblyfsels van die verdukking van Christus vir sy liggaam, totdat Christus alles en in almal is. Dat hulle vlekkeloos en sonder gebrek voor Hom mag staan.
Ja, wees in barensnood totdat Christus in hulle ‘n werklikheid word. Bid, worstel en smeek om genade. Ywer in die diens en laat jou nie verslap nie, maar laat die heerlikheid van die gekruisigde Here jou hart vervul met geloof wat deur die liefde werk.
Ag, moenie moeg word om goed te doen nie, want as jy nie verslap nie en sal aanhou tot die einde, sal jy deel aan die kostelike vrug.
Ja, dan sal hulle die jou kroon wees van jou roem, wat jy voor die voete mag werp van Hom wat jou geroep het om die bediening van die genade te bedien!