Menu
Oikonomias
  • Home
  • Die HERE is goed
  • Wag op die HERE
  • Afrikaanse gedigte
  • Los gedagtes
  • Engelse Gedigte
Oikonomias

‘N VERLANGE OM TE HOORT

Posted on May 8, 2023June 23, 2023

My een vrees,
sal ek genoeg wees?
‘n Verlange om te hoort,
word uitgeskreeu vanaf my hart’s poort.
Die emosies stroom deur die deure,
vrae wat skommel soos vere,
‘n Verlange om te hoort,
sal ek genoeg wees?
My een vrees.

Wie sal die leemte vul?
Ek is vuil, gebreek, met sonde omhul.
Wie okal na my kyk,
‘n gesig van veroordeling, woorde van verwyt.
Kyk, hoe lyk die man!
‘n gruwel, deur God verlate, deur mense verban.
Al spartelend in my bloed,
gegee aan die wêreld en sy gode, as korban.
Want met my eie moeite probeer ek verwoed,
om aanvaarding te kry met wêreldse goed.
Maar die leemte bly daar, soos ‘n somersmore gloed.

O, o, nooit sal ek genoeg wees!
Daar is geen prys wat ‘n vriend kan betaal,
my gruwels, my sonde weerklink soos ‘n simbaal.

Wie sal my genees?

Om myself lief te hê,
dit is al wat die wêreld sê.
Dan, dan sal jy genoeg wees,
gevul met liefde vir self,
styg jy uit tot bo die hemel gewelf.
Want wat jy oor jouself dink,
moet altyd mooi wees en blink,
al vrot jy van binne en stink!

Weë my, weë my,
as ek was my eie geneesheer,
sou ek my wonde met salf smeer,
maar nie bevry,
sal ek na die verdoemenis terug keer,
want God vind geen geregtigheid in my.

Daar is net een, net een,
die verwerpte hoeksteen,
Die Vader se geliefde Seun,
slegs in Hom. En in Sy bloed.
Is ek genoeg; ja meer as genoeg.
Selfs as kind van God is ek bevoeg.
Sy waarde, sy lewe, is al wat kan bedek.

Ek is genoeg, ek is genoeg!
Want my Here Jesus, het in my plek geswoeg,
En Hy, Hy alleen is genoeg!

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Recent Posts

  • Tot eer van God
  • Voed die skape
  • ‘N VERLANGE OM TE HOORT
  • Ravening Wolves Who Wreak Havoc
  • Getrou tot die dood toe

Recent Comments

  1. Shantell Andersen on LAAT MY LEWE GETUIG

Archives

  • July 2023
  • May 2023
  • April 2023
  • March 2023
  • January 2023
  • December 2022
  • November 2022

Categories

  • Aanhalings
  • Afrikaanse gedigte
  • Engelse Gedigte
  • Los gedagtes
  • Preke
  • Uncategorized
@2023 Oikonomias