Menu
Oikonomias
  • Home
  • Die HERE is goed
  • Wag op die HERE
  • Afrikaanse gedigte
  • Los gedagtes
  • Engelse Gedigte
Oikonomias

DIE SEUN VAN ONS VADER

Posted on December 14, 2022

Die Seun van ons Vader oorgelewer aan die dood,
deur menslike hand aan die kruis ontbloot.
Ja verneder, selfs meer, vervloek! Aan die kruis,
die lydensbeker die toorn van God Sy spys.

Hom het God opgewek…
Deur Sy bloed word ons sondes bedek!

Ja die enigste offer,
wat weer lewe,
want die smarte van die dood het gebewe.
Hy het die dood oorwin!

Ja die oorwinning van die dood getuig,
die loon van die sonde is aanvaar!
Vir die wat in Hom glo is die toorn van God bedaar!
Ja selfs meer oor die genadegawe van God kan hulle juig!
En vry-uit van die ewige lewe in Christus getuig!

Ja want Dawid sê van Hom,
iets wat ons elkeen sal verstom!

“Ek het die Here altyddeur voor My gesien,
want Hy is aan my regterhand, dat ek nie sou wankel nie.
Daarom is my hart bly en my tong juig, ja, ook sal my vlees nog rus in hoop.
Want U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of u Heilige oorgee om verderwing te sien nie.
U het my die weë van die lewe bekend gemaak,
U sal my vervul met vreugde by U aangesig. “
Ja Sy siel is in die doderyk nie verlaat,
Sy vlees is aan verderwing nie oorgelaat!
Ja na Sy dood aan die kruis,
was Sy gehoorsaamheid bewys!

Die Vader het Hom uitermate verhoog,
Hy het ontvang die naam bo elke naam!
Dat die op die aarde en onder die aarde
en elkeen, ja selfs in die hemel ver om hoog,
hulle knie sal buig,
en met hulle tong getuig:
Dat Jesus Christus Here is,
tot heerlikheid van die Vader, ja beslis!

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Recent Posts

  • Tot eer van God
  • Voed die skape
  • ‘N VERLANGE OM TE HOORT
  • Ravening Wolves Who Wreak Havoc
  • Getrou tot die dood toe

Recent Comments

  1. Shantell Andersen on LAAT MY LEWE GETUIG

Archives

  • July 2023
  • May 2023
  • April 2023
  • March 2023
  • January 2023
  • December 2022
  • November 2022

Categories

  • Aanhalings
  • Afrikaanse gedigte
  • Engelse Gedigte
  • Los gedagtes
  • Preke
  • Uncategorized
@2023 Oikonomias