Menu
Oikonomias
  • Home
  • Die HERE is goed
  • Wag op die HERE
  • Afrikaanse gedigte
  • Los gedagtes
  • Engelse Gedigte
Oikonomias

EK IS WAT EK IS

Posted on December 14, 2022

jy is, omdat Ek is.
Is jy daarvan bewus?
Aan alles gee ek lewe!
My naam bo elke naam verhewe,
by die geroep van my naam sal drumpelposte bewe!

Na Ek is,
word die naam van die ek verklaar gewis:
Gewoonlik sal dit inperk,
na iets soos ‘n werk,
of iets met ‘n vlerk,
of iets wat die ek merk.
ek is, word beperk,
ek is ‘n sanger,
ek is ‘n visvanger,
ek is ‘n vrou,
so kan ons aanhou.

Maar wag!
Wat sien ons by die naam bo elke naam,
Iets wat ons glad nie verwag!

Die ware Ek is word nie beperk!
Nee het jy dit bemerk?
Ek is, wat Ek is!
Dus:

Ek is, wat Ek is…
Ek het nooit ontstaan.
Ja want van ewigheid tot ewigheid het en sal Ek bestaan.
Ja waarlik Ek is; dit wil sê ek bestaan
en uit My het alles ontstaan wat onstaan!

Ek is, wat Ek is…
verandering in My sal jy nie gewis.
Aan my wese is Ek getrou,
in My sal jy slégs die waarheid aanskou!

Die een wat tot My nader moet glo dat Ek is!
Ja hy moet glo dat Ek bestaan, maar ook,
dat Ek is wat Ek sê Ek is!

Ek is, wat Ek is…
Ja dit is beslis,
slegs in My kry jy die rus!
In my sal jy nie die doel mis,
want slegs in die ware Ek is,
vind jy hoekom jy is!

Ja waarlik uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge!
Aan Hom kom toe die lof en eer en heerlikheid,
tot in alle ewigheid!

Hy is, wie Hy sê Hy is,
en daarin sal ek verewig berus!

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Recent Posts

  • Tot eer van God
  • Voed die skape
  • ‘N VERLANGE OM TE HOORT
  • Ravening Wolves Who Wreak Havoc
  • Getrou tot die dood toe

Recent Comments

  1. Shantell Andersen on LAAT MY LEWE GETUIG

Archives

  • July 2023
  • May 2023
  • April 2023
  • March 2023
  • January 2023
  • December 2022
  • November 2022

Categories

  • Aanhalings
  • Afrikaanse gedigte
  • Engelse Gedigte
  • Los gedagtes
  • Preke
  • Uncategorized
@2023 Oikonomias