Vader, is my lewe bloot lippetaal?
Slegs die geraas van klinkende metaal?
Die gedruis van die luidende simbaal?
En as my lippe my gewete betaal,
is dit die einde van die verhaal?
Bloot lippetaal…
Of is dit U liefde wat weergalm?
Met ‘n hart wat nie talm?
Selfs al is die storms nie kalm?
Al word ek getugtig met die palm?
Sal ek U toe-sing met ‘n vreugde psalm?
Sal die evangelie in my doen en late weergalm?
Dat mense bly hoor,
al is my lippe onverstoor’ ?
Juig die engele koor?
Oor ‘n lewe gewin, eens verloor?
Volg ek in U vernedering spoor?
Vader, bring my tog tot verhaal!
U kom, U kom om te kom haal!
Sommiges sal in U toorn neerdaal,
verlore en verdwaal,
onderdruk die kennis van elke kwaal!
O Vader, vergeef my lippetaal…
Want U kom haal, U kom haal!
Sy liggaam geoffer net een maal,
om vir die sonde te betaal!
Leer my Vader, leer my…
U wil is nie om mense te vlei!
Want wat is die mens buiten klei?
Laat my tog nie deur die wêreld verlei!
Leer my Vader, leer my…
om as lewendige offer my toe te wy!
Laat die littekens van Christus in my hart, hande en voete bly!
Nie asof ek betaal of kan offer of soos Christus kan ly…
want eks blote klei!
Maar dat Christus gestalte in my lewe kry!
Laat dit alleen, my tog verbly!
O Vader leer my…Leer my!
want wat is ek buiten klei?