Doen ek wat ek moet doen?
As ek dink aan die ewigheid!
U liefde hoe ver en diep en wyd!?
Gaan ek terug kyk, eendag in spyt?
Laat my stil raak en dink,
more kan die dood my nader wink.
Vader, Vader…
Laat my stil raak en herbesin,
die aarde en die volheid daarvan is min.
O Vader kan U tog kom,
kan U tóg kom!
o hoe geweldig die heerlikheid van God,
in die aangesig van Christus, dit laat my verstom!
Laat my bly, laat my bly,
U woord, U Woord, soos heuning, soet verby…
Om U te ken, om U te ken,
Of eerder deur U geken…te word
My een begeerte om te doen soos in U boek,
my lewe te gee soos Christus versoek,
wys my Vader, wys my die hart wat U soek.
Neem my, neem my waar U wil,
my gedagtes nie meer met die wêreld gevul,
maar by U voete, by U voete nederig en stil.