Vader gee ons oë om te sien,
om te glo die swaarste verdrukking dien,
as ‘n loutering van ware geloof,
vir die een wat vashou aan wat U beloof.
Ag Vader U ken ons diepste angs en pyn.
Ja die droefheid wat nie verdwyn.
Bewaar ons van ‘n wederstrewige hart,
wat U van onreg beskuldig in ons smart.
Help ons Vader om in swaarkry te verheug,
omdat ons weet dit is vir U ‘n deug…
Dit loop uit op ‘n sekerheid van U trou,
want teen hoop sal ons hoop en op U woord sal ons bou.
In U Vaderhand dra ek my broer en suster op,
wat wonder oor die volgende hart se klop…
Vader daar waar U lewe gee en lewe neem,
laat dit ons nie van U vervreem.
Ag Vader kom tog en gee die nodige rus,
maak hulle van U Gees in hulle midde bewus.
Skyn tog U lig in die duisternis,
dat ons U kan loof vir wie U is.