Vrees Hom want Hy het mag oor dood en lewe,
slegs Hy kan sondes vergewe.
Aan Hom alleen behoort die eer,
Hy doen Sy welbehae, Hy is die HERE, Hy regeer.
Getuig hemel, getuig aarde, getuig almal saam,
nie aan ons, o HERE,
besing nie ons naam,
want aan U behoort die ere.
Maak nie klip en hout jou god,
maak nie sonde jou genot.
Nee want dan sal jy word stom en blind,
Ja net soos jou afgod word jy dood bevind,
want daar is net Één God, slegs Hy gee lewe,
slegs Hy kan sondes vergewe.
Ja geseënd is die God en Vader,
Hy het ons geseën,
met alle geestelike seëninge,
in die hemele in Christus Sy seun.
Ja dit was die welbehae van Sy wil,
om die wat eens genoem was vervreem
as kinders aan te neem,
deur die bloed van Christus maak Hy die duiwel stil.
Loof Hom o huis van Israel,
Loof Hom o huis van Aaron,
Loof Hom almal wat die HERE vrees,
Ja loof Hom hemel en aarde en al wat lewe.
Want slegs Hy kan sondes vergewe.
Tot lof van die heerlikheid van Sy genade,
want dit is waardig, om te prys, elkeen van Sy dade.
Vandag as ons hoor sal ons Sy ere nie beroof,
en tot in alle ewigheid sal ons Hom loof,
want Hy doen wat Hy beloof.