Hy weet, Hy wéét van ons leed en pyn en smart,
Hy het dit gedra vir ons part…
toe ek nog ‘n vyand was, met sonde bevlek o so swart.
Hy weet, Hy weet dit gee berusting vir my hart.
Hy het gedra selfs my sondesmart…
Die ligte aardse verdrukking is tydelik,
tog seer en onvermydelik.
Dit weeg egter nie op,
en kan nie die vreugde binne in my stop,
want selfs dit bewerk ‘n oortreffende gewig,
van ewige heerlikheid, daarop sal ek my hart rig.
Hy kom weer en ek sal Hom sien van aangesig tot aangesig.
My verlosser weet, my verlosser weet,
van Sy kind sal hy nie vergeet…