Gedagtes vol van woorde amper sy eie taal…
Strate benaam; elkeen met sy eie verhaal.
Die moontlikhede oneindig, vir elkeen moet jy betaal.
Ontbloot en skaam, dra ek oor wat in my binneste maal.
Gedagtes vol van woorde waarin ek vroeg en vinnig verdwaal…
Gewarboel en flapper, hoe maak ek stil die storm wat hael?
Alleen in die donker; Is daar iemand wat my kom haal?
Geskarrel en gejaag, die vonnis gaan daal.
Gedagtes vol van woorde, maar dade is maar skraal…
Meer en meer, en rede raak vaal,
beknop en onder druk, die paaie is van staal.
Koud waai die wind die bome staan kaal.
Gedagtes vol van woorde en daar klink die simbaal.