Menu
Oikonomias
  • Home
  • Die HERE is goed
  • Wag op die HERE
  • Afrikaanse gedigte
  • Los gedagtes
  • Engelse Gedigte
Oikonomias

DAAR IS GEEN ANDER SOOS HY

Posted on December 14, 2022

Kyk tog, kyk tog en sien,
daar is geen ander wat lof verdien.
In Hom is daar geen skadu van verandering,
elke goeie gawe het by Hom ontspring.
Daar is geen rimpel of vlek,
wat Hy hoef te bedek.

Hy is altyd reg,
en sonde is nooit Sy weg.
Daar is geen ander soos Hy,
in Hom alleen is my hart verheug en bly.
Want voor Hom kan ek my sonde bely,
al weet ek ek is maar ellendig en slegs klei.
Het Hy tog vir my gely.

Selfs in die diep donker nag,
kan ek op Sy verlossing wag.
Hy is my Rots en steun
my skild my geliefde, die een van wie ek my nooit wil vervreem.
Moet tog nie U Gees van my af neem.
Maar gee my ‘n gewillige hart,
dat ek U nie sal tart.
Laat my die goeie smaak.
Ja Vader laat die vrees van U my hart raak,
dat ek alle ydele en sondige dinge mag staak,
en in gebed mag waak,
dat ek U wonderdade kan verkondig as my taak.

Ja HERE kom deur U krag,
dat ek na U Woord mag smag,
in U waarheid mag wandel dag en nag,
met die wete dat ‘n ewigheid saam met U op my wag.

Mag dit dan my hart rig,
om slegs te doen wat stig,
mag U genade en liefde my verlig.
My oë op die ewige wat my altyd tug,
om weer en weer vreugde te vind in my liefdesplig.
Kom dan HERE, kom dan met U aangesig op my gerig.
Ja want slegs in U lig sien ek die lig.

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Recent Posts

  • Tot eer van God
  • Voed die skape
  • ‘N VERLANGE OM TE HOORT
  • Ravening Wolves Who Wreak Havoc
  • Getrou tot die dood toe

Recent Comments

  1. Shantell Andersen on LAAT MY LEWE GETUIG

Archives

  • July 2023
  • May 2023
  • April 2023
  • March 2023
  • January 2023
  • December 2022
  • November 2022

Categories

  • Aanhalings
  • Afrikaanse gedigte
  • Engelse Gedigte
  • Los gedagtes
  • Preke
  • Uncategorized
@2023 Oikonomias