Laat my wandel; voor U aangesig!
Laat my bly; in U woning, in U huis.
Verlustig my hart; met U Woord as spys.
Dat U my donker hart kan verlig.
Laat my; nie die aarde bewoon!
Laat my; hier slegs bywoon.
Ja, want die verganklikheid het U my getoon,
toe ek my hart rig op U genadetroon.
Ja, leer my om my dae te tel,
sodat ek in wysheid U as my rots kan stel.
Want U het uit genade my opgetel,
in U krag het ek my hoop gestel.
Nou kan ek op opdrag van koninklike bevel,
van U wonderlike evangelie vertel.
Wat sondaars red van die hel!
Bekeer, o sondaar! Want Hy het sy lewe gegee as losprys!
Glo in Hom alleen,
Hy is God se eniggebore Seun.
Vir jou sonde is Hy vervloek aan die kruis;
dáár, het Hy sy liefde bewys.
Moet Hom dan nie afwys!
Anders maak jy die toorn van God jou huis!
Glo dan in die veilige vesting!
Dan kan ons saam Sy goedheid ewigdurend prys!