Menu
Oikonomias
  • Home
  • Die HERE is goed
  • Wag op die HERE
  • Afrikaanse gedigte
  • Los gedagtes
  • Engelse Gedigte
Oikonomias

DAT MY MOND KAN BEWAAR U DANK

Posted on December 14, 2022

As ek dink oor my dae en my jare,
in onkunde en swakheid lewe ek as’t ware.
Hoeveel spandeer ek in eie krag?
En hoeveel om op God te wag?

As Hy dan my Vader is,
waar is Sy eer?
En is Hy nie my Heer?
Waarom kan ek dan geen vrees gewis?

O, die jeug en die ywer van die jeug verdwyn gou!
Wat sal jou dan behou?
Of kom die aap dan uit die mou?
Jy was nooit getrou…

Waar is hy dan wat staat maak op sy eie krag?
O, die duisternis en toorn is al wat op hom sal wag.
Want hy wat sterk is roem in sy prag!
Sy lig-dag verander in donker-nag.

O, kyk en sien, jou dae is min.
En elkeen word deur God gegun.
Hy roep uit: “Keer terug!”.
En stof is die gesig.

Roem dan nie op jou dae,
want more kan Hy rekenskap vra.
Hoe lank nog Vader? Hoe lank?
Keer tog terug! Dat my mond kan bewaar U dank.
Dat ek kan wandel al my dae,
volgens U wet, U welbehae.

Ja, want U alleen is my skuiling.
Van geslag tot geslag,
hou U in U krag oor U volk die wag.
Van ewigheid tot ewigheid is U God,
U bepaal elkeen se lot.

Hou my dan in U hand,
want soos gras sal ek vergaan.
En lewe in my eie waan.
As Christus nie bewaar my pand,
tot ek kom in die beloofde land.

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Recent Posts

  • Tot eer van God
  • Voed die skape
  • ‘N VERLANGE OM TE HOORT
  • Ravening Wolves Who Wreak Havoc
  • Getrou tot die dood toe

Recent Comments

  1. Shantell Andersen on LAAT MY LEWE GETUIG

Archives

  • July 2023
  • May 2023
  • April 2023
  • March 2023
  • January 2023
  • December 2022
  • November 2022

Categories

  • Aanhalings
  • Afrikaanse gedigte
  • Engelse Gedigte
  • Los gedagtes
  • Preke
  • Uncategorized
@2023 Oikonomias