Menu
Oikonomias
  • Home
  • Die HERE is goed
  • Wag op die HERE
  • Afrikaanse gedigte
  • Los gedagtes
  • Engelse Gedigte
Oikonomias

Wag op die HERE

Psalm 33:13–22
13 Die Here kyk van die hemel af; Hy sien al die mensekinders. 14 Uit sy woonplek aanskou Hy al die bewoners van die aarde, 15 Hy wat die hart van hulle almal formeer, wat let op al hul werke. 16 ’n Koning word nie verlos deur ’n groot leër, ’n held nie gered deur groot krag nie. 17 Die perd help niks vir die oorwinning en red nie deur sy groot krag nie. 18Kyk, die oog van die Here is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag; 19 om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood. 20 Ons siel wag op die Here; Hy is ons hulp en ons skild; 21 want ons hart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou. 22 Laat u goedertierenheid, Here, oor ons wees net soos ons op U wag!

Psalm 31:22–25
22 Geloofd sy die Here, want Hy het sy goedertierenheid aan my wonderbaar gemaak, in ’n vaste stad. 23 Ek tog het in my angs gesê: Ek het verdwyn, weg van u oë; nogtans het U die stem van my smekinge gehoor toe ek U aangeroep het om hulp. 24 Julle moet die Here liefhê, al sy gunsgenote! Die Here bewaar die getroues en vergeld hom oorvloedig wat trots handel. 25 Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, almal wat op die Here wag!

Psalm 42:2–6
2 Soos ’n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God! 3 My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn? 4 My trane is my spys dag en nag, omdat hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God? 5 Hieraan wil ek dink en my siel uitstort in my: hoe ek gewoond was om voort te trek met die skare, hulle gelei het na die huis van God, met die stem van jubel en lof—’n feesvierende menigte! 6 Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek sal Hom nog loof—die verlossing van sy aangesig!

Psalm 71:8–16
8 My mond is vol van u lof, die hele dag van u roem. 9 Verwerp my nie in die tyd van die ouderdom nie, verlaat my nie as my krag gedaan is nie. 10 Want my vyande praat van my, en die wat op my lewe loer, hou saam raad 11 en sê: God het hom verlaat; agtervolg en gryp hom, want daar is geen redder nie! 12 o God, wees nie ver van my af nie; my God, maak tog gou om my te help! 13 Laat hulle wat my as vyand behandel, beskaamd staan, verteer word; laat hulle wat my ongeluk soek, hulleself toedraai in smaad en skande. 14 Maar ék sal altyddeur hoop en al u lof vermeerder. 15 My mond sal u geregtigheid vertel, die hele dag u heil; want ek ken nie die maat daarvan nie. 16 Ek sal kom met die magtige dade van die Here Here; ek sal u geregtigheid vermeld, dié van U alleen.

Psalm 119:71–77
71 Dit is goed vir my dat ek verdruk was, sodat ek u insettinge sou leer. 72 Die wet van u mond is vir my beter as duisende stukke goud en silwer. 73 U hande het my gemaak en my toeberei; maak my verstandig, dat ek u gebooie kan leer. 74 Die wat U vrees, sien my, en hulle is bly; want op u woord wag ek. 75 Ek weet, Here, dat u oordele regverdig is en dat U my uit getrouheid verdruk het. 76 Laat tog u goedertierenheid wees om my te troos volgens u belofte aan u kneg. 77 Laat u barmhartighede oor my kom, dat ek kan lewe; want u wet is my verlustiging.

Psalm 130:5–8
5 Ek wag op die Here; my siel wag, en ek hoop op sy woord. 6 My siel wag op die Here meer as wagters op die môre, wagters op die môre. 7 Wag op die Here, o Israel! want by die Here is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing; 8 en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.

Psalm 131:1–3
1 ’N BEDEVAARTSLIED. Van Dawid.
o Here, my hart is nie hoog en my oë nie trots nie; ook wandel ek nie in dinge wat vir my te groot en te wonderbaar is nie. 2 Waarlik, ek het my siel tot bedaring gebring en stilgemaak; soos ’n gespeende kind by sy moeder, soos ’n gespeende kind is my siel in my. 3 Wag op die Here, o Israel, van nou af tot in ewigheid!

Psalm 147:5–11
5 Onse Here is groot en ryk aan krag; sy verstand is oneindig. 6 Die Here rig die ootmoediges weer op; die goddelose mense verneder Hy tot die grond toe. 7 Sing ’n danklied tot eer van die Here, psalmsing tot eer van onse God met die siter; 8 wat die hemel met wolke oordek, wat vir die aarde reën berei, wat op die berge gras laat uitspruit, 9 wat aan die vee hulle voedsel gee, aan die jong rawe as hulle roep. 10 Hy het geen welbehae in die krag van die perd, geen welgevalle in die bene van die man nie. 11 Die Here het ’n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op sy goedertierenheid hoop.

Recent Posts

  • Tot eer van God
  • Voed die skape
  • ‘N VERLANGE OM TE HOORT
  • Ravening Wolves Who Wreak Havoc
  • Getrou tot die dood toe

Recent Comments

  1. Shantell Andersen on LAAT MY LEWE GETUIG

Archives

  • July 2023
  • May 2023
  • April 2023
  • March 2023
  • January 2023
  • December 2022
  • November 2022

Categories

  • Aanhalings
  • Afrikaanse gedigte
  • Engelse Gedigte
  • Los gedagtes
  • Preke
  • Uncategorized
@2023 Oikonomias