Waar is hy; wat hom hoogmoedig hou op my heilige berg?
Wat staat maak op sy eie krag; en my terg?
Waar is hy; wat dink die goeie is sy reg?
Wat glo in homself is hy nie sleg?
Waar is hy; wat kwaad praat van die Weg?
Wat hulle oor Christus sleep na die gereg?
As hy hom nie bekeer,
sal hy eendag staan sonder enige verweer,
want van God se liefde wou hy nie leer.
Ja, die vurige aangesig van God sal hom verteer.
Want dan is daar geen genade meer.
O, sondaar, bekeer! Bekeer!