Wie is daar, buiten U, o God?
Wie is daar, buiten U, o God?
Die wêreld mag maar spot,
hul vreugde en genot,
is slegs ‘n dooie god.
Al ken hul U gebod
vergeet hul van hul lot.
Hul buig en kniel en loof
blind en naak, stom en doof.
Die Heilige beroof,
op hoogte en in kloof.
Hul einde is beloof.
Wie is daar, buiten U, o God?
Wie is daar, buiten U, o God?
U alleen kan behou,
die sondaar wat berou,
in Christus wil vertrou.
Genadig en getrou.
Die gelowige word gered!
Deur vervulling van u wet.
Wie is daar, buiten U, o God?
Wie is daar, buiten U, o God?
Daar is geen, ander Een,
U alleen Rots en Steun.