Menu
Oikonomias
  • Home
  • Die HERE is goed
  • Wag op die HERE
  • Afrikaanse gedigte
  • Los gedagtes
  • Engelse Gedigte
Oikonomias

GEBROKE

Posted on December 14, 2022

O Vader as ek my meet aan U wet,
Hoe is dit dat ek nog lewe het?
Dag en nag maak ek sonde my bed,
en vergeet ek om op U woord te let.

Wie is ek o God dat U my tot U laat nader?
Tog verwag ek dit en sê:”Ek sal later. “
Elke long se asemteug,
Moet U grootheid prys en U deug.
Maar in myself bly ek my verheug.

Stof is ek,
en stof sal ek weer wees.
Deur die sonde bevlek,
volg ek die drange van die vlees.

Wêreldse droefheid en angs het my oorval,
meer as die see sand in getal.
My binneste weeklaag en treur,
sal ek U verlaat al weer?

Die binnekamers van my hart buig hom neer,
o die gebroke hart maak seer.
Wie sal my uitkoms wees?
Waar sal ek gaan om te genees?

Die wêreld sug en sit en rou,
die duiwel probeer U kinders vashou.
Brullend probeer hy ons verslind met die klou.
O Vader bring U reddende regterhand o tog gou.

O ons sondige verlede,
kla ons aan elke dag tot op hede.
O Vader dit breek my hart,
om U kinders te sien in die verlede se smart.
Verward en omring deur die doodskadu nag,
so asof hulle nie meer op uitkoms wag.

U woord borrel op in my.
Kyk na die kruis!
Jou lyding is verby!
Christus die hoeksteen van die huis,
was deur die toorn van God oorval,
sodat ek en jy met vrymoedigheid by sy voete kan val.
En uitroep, Abba! Vader!
Hoor my as ek tot U nader.

Langs die lewende waterstroom,
geplant en gewortel is jy as boom.
Op die regte tyd sal hy vrugte dra,
jy sal rus vind oor die dinge wat jou pla.

Verheug jou oor die Woord van God,
en jou dooie lyf wat besig is om te vrot,
sal Hy lewend maak en jou verdorwe vlees,
sal Hy kom nuut maak met Sy lewend makend’ Gees.

Verander jou geween in gejuig,
oor Sy weldade moet jy getuig.
Jy wat eens in die donker was,
het afgegooi, die swaar sonde las,
deur Sy woord as lig,
jou voete weer na Hom toe gerig.

Gaan in die Vader se rus,
Hy is gedagtig dat ons stof is.
Laat elke bekommernis wat jy het
deur smeking en gebed
by die Vader se voete, Hy sal jou red!

Van die gees van slawerny,
is ek en jy bevry.
As jy dink jy is die kaf,
wat die vuur verdien, die ewige straf.
Weet net dit is die duiwel wat jou bedrieg,
want die goddelose sal oor sy sonde nie bieg.

Staan die duiwel tee,
nadat jy jou onderwerp het aan God se weë.
En van jou sal hy wegvlug,
want in jou is die Waarheid en die Lig.

Die Here se goedheid eindig nimmermeer.
Sy liefde vir jou kan jy nie keer.
Draai na Hom en jy sal vind,
jy is Sy kind,
verewig aan Hom vas gebind.

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Recent Posts

  • Tot eer van God
  • Voed die skape
  • ‘N VERLANGE OM TE HOORT
  • Ravening Wolves Who Wreak Havoc
  • Getrou tot die dood toe

Recent Comments

  1. Shantell Andersen on LAAT MY LEWE GETUIG

Archives

  • July 2023
  • May 2023
  • April 2023
  • March 2023
  • January 2023
  • December 2022
  • November 2022

Categories

  • Aanhalings
  • Afrikaanse gedigte
  • Engelse Gedigte
  • Los gedagtes
  • Preke
  • Uncategorized
@2023 Oikonomias