Menu
Oikonomias
  • Home
  • Die HERE is goed
  • Wag op die HERE
  • Afrikaanse gedigte
  • Los gedagtes
  • Engelse Gedigte
Oikonomias

ENIGSTE TROOS

Posted on December 14, 2022

O ja, o ja my God,
soeter as stroop is U gebod.
Waarsku my ook soos Lot,
om te vlug van wêreldse genot.

Laat ek my oë bly rig,
op U, ja bo alles is U gedug.
U is die Waaragtige, die enigste lig.

Wat is my enigste troos,
in lewe en in sterwe.
Dit wat ek beërwe.

Ja waarlik, ek kan bely,
Christus en Sy heerskappy,
word aan my toegereken.
My sonde word bedek met ‘n deken.
Ja ek omhels Christus se geregtigheid,
voor God is daar geen meer verwyt.

O ja, o ja die deken,
aan my toegereken,
is die werke gedoen uit ware geloof,
slegs deur die Gees aan my beloof.

Ja ek het waarlik vergeet van my God,
Ja spandabelrig in my genot,
was my gebeente besig om te vrot.

O Here laat my trek, laat my trek…
Ek is besig om my eie wonde te lek.
Ja Here, deur die woestyn,
deur die doodskaduwee en pyn,
totdat my lus vir wêreldse dinge verdwyn.
Ja Here, want afhanklik wil ek wees van die Enigste lewende fontein.

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Recent Posts

  • Tot eer van God
  • Voed die skape
  • ‘N VERLANGE OM TE HOORT
  • Ravening Wolves Who Wreak Havoc
  • Getrou tot die dood toe

Recent Comments

  1. Shantell Andersen on LAAT MY LEWE GETUIG

Archives

  • July 2023
  • May 2023
  • April 2023
  • March 2023
  • January 2023
  • December 2022
  • November 2022

Categories

  • Aanhalings
  • Afrikaanse gedigte
  • Engelse Gedigte
  • Los gedagtes
  • Preke
  • Uncategorized
@2023 Oikonomias