Menu
Oikonomias
  • Home
  • Die HERE is goed
  • Wag op die HERE
  • Afrikaanse gedigte
  • Los gedagtes
  • Engelse Gedigte
Oikonomias

HOOR TOG O GOD

Posted on December 14, 2022

Vader kan ek kom?
Vader U Woord laat my verstom.
In die laat nagtelike ure,
word ek vermaan deur my niere.
Ja dit is so, ek smag ek smag,
in my innerlike mens bly ek op U Woord wag.

Ja o Vader verlore,
uit nature kom sonde navore.
Ek smag na die wêreld en wat dit kan bied,
en vergeet van die Koninklike lied.
My hart versamel verdriet.
Is die lewe toe wel verniet?

O hoor tog, ja luister,
die Woord sal jou verbyster.
Die mens glo hy is wyser,
as die Gees se gefluister.

Ag o Vader met ‘n gebroke en verslae hart,
donker verlore en tog so swart.
Vasgevang in die lewe en sy smart,
kom ek, nie ek nie, maar die Gees,
om slegs in U teenwoordigheid te wees.

Want U is my wil en my rede,
slegs by U vind ek versadiging van vrede.
Hoor tog, o God my smeekgebede,
soos ‘n dienskneg wagtend en benede.

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Recent Posts

  • Tot eer van God
  • Voed die skape
  • ‘N VERLANGE OM TE HOORT
  • Ravening Wolves Who Wreak Havoc
  • Getrou tot die dood toe

Recent Comments

  1. Shantell Andersen on LAAT MY LEWE GETUIG

Archives

  • July 2023
  • May 2023
  • April 2023
  • March 2023
  • January 2023
  • December 2022
  • November 2022

Categories

  • Aanhalings
  • Afrikaanse gedigte
  • Engelse Gedigte
  • Los gedagtes
  • Preke
  • Uncategorized
@2023 Oikonomias