Vader kan ek kom?
Vader U Woord laat my verstom.
In die laat nagtelike ure,
word ek vermaan deur my niere.
Ja dit is so, ek smag ek smag,
in my innerlike mens bly ek op U Woord wag.
Ja o Vader verlore,
uit nature kom sonde navore.
Ek smag na die wêreld en wat dit kan bied,
en vergeet van die Koninklike lied.
My hart versamel verdriet.
Is die lewe toe wel verniet?
O hoor tog, ja luister,
die Woord sal jou verbyster.
Die mens glo hy is wyser,
as die Gees se gefluister.
Ag o Vader met ‘n gebroke en verslae hart,
donker verlore en tog so swart.
Vasgevang in die lewe en sy smart,
kom ek, nie ek nie, maar die Gees,
om slegs in U teenwoordigheid te wees.
Want U is my wil en my rede,
slegs by U vind ek versadiging van vrede.
Hoor tog, o God my smeekgebede,
soos ‘n dienskneg wagtend en benede.