My gebeente lê in my verdroog,
my hart probeer ek hef omhoog.
Waar is U aangesig?
Waar is die lig?
Sien U die gewig,
op my hart gerig?
Eensaam en verlate,
deursoek my gees die strate.
Die strate onbewoonbaar…
Onbewoonbaar is my hart,
Gevul met donkerte en smart.
Die donker neem oor,
die vrolike gesing,
word vir eers bedwing.
Stilte is al wat ek hoor…
Sonder enige krag,
wag my hart op ‘n nuwe dag.
‘n Nuwe dag, om in stilte te wag.
Ek sal wag, ek sal wag
in die diep donker nag.
Tot die teenwoordigheid van die Gees,
my gebroke hart stuk vir stuk genees.
My seun jy sal vir ewig myne wees.