Menu
Oikonomias
  • Home
  • Die HERE is goed
  • Wag op die HERE
  • Afrikaanse gedigte
  • Los gedagtes
  • Engelse Gedigte
Oikonomias

DIE SKAT WAT EK BEGEER

Posted on December 14, 2022

‘n Verslae en gebroke hart sal die Here nie verag,
want die verslae hart, weet hy het geen mag.
Sy wysheid het geen prag,
op God alleen sal hy wag,
om sy Redder te wees, dag na dag.
Die Liefde het ons eerste liefgehad,
al was ons nie daarop bedag.

Daar kom vryheid,
vryheid van wat?
Vryheid van die sonde waarin ons bad.
Vryheid om Hom te leer ken.
En uit te roep Abba Vader,
tot U alleen wil ek nader.

Deur ‘n persoonlike verhouding met die Skepper,
van alle dinge,
gee Hy jou meer as aardse ringe.

Hy gee Homself
as jou hoogste en enigste skat.
Tot volheid word jy vervul,
en uit die volheid kan niemand jou kul.

Vol van die Gees,
leef jy dan vry van werke,
om te probeer verdien,
wat jy nie eers kan sien.

Vol van die Gees,
is jy nou vry,
uit die volheid lewe jy
om die Here Jesus Christus te verkry as jou enigste skat.

Vir my en jou kom Hy as offer.
Sy bloed oor ons vergiet,
om ons toegang te bied.
En dit bring my tot die lied:

O Vader U genade vir my,
sal verewig by my bly.
U goedheid ken geen end,
en ek kan dit nie ‘comprehend’.

Daar is iets wat in my borrel.
Iets, iets soos die sagte gedruis,
van ‘n golf, ‘n golf wat navore reis.
Dit kom al nader op my af gekorrel.

Ek sien, ek sien ‘n koninklike paleis,
my hart hoor nou die gedruis,
soos ‘n donderstorm hoor ek dit weerklink,
my moeite en angs begin wegsink.

Daar kom ‘n helder lig,
so helder, dat dit alles in my verlig.
Die stemme van die engele weerklink,
die majesteit van die Enigste is al wat blink.

Hier is ek O Vader, my lofoffer,
is my lewe, my lewe lê ek neer,
verneder kom ek as U dienskneg,
met geen reg.

In U teenwoordigheid wil ek verkeer
want hier…
want hier is die Liefde, die skat wat ek begeer.

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Recent Posts

  • Tot eer van God
  • Voed die skape
  • ‘N VERLANGE OM TE HOORT
  • Ravening Wolves Who Wreak Havoc
  • Getrou tot die dood toe

Recent Comments

  1. Shantell Andersen on LAAT MY LEWE GETUIG

Archives

  • July 2023
  • May 2023
  • April 2023
  • March 2023
  • January 2023
  • December 2022
  • November 2022

Categories

  • Aanhalings
  • Afrikaanse gedigte
  • Engelse Gedigte
  • Los gedagtes
  • Preke
  • Uncategorized
@2023 Oikonomias