O Heer wie kan vertoef in U huis,
U met lofliedere prys?
Wie kan tot U nader,
en by U woon, almagtige Vader?
Die een wat in geregtigheid wandel.
Sy medemens met liefde behandel.
U woord in sy hart bewaar,
hom nie by die goddeloses skaar,
en sy ou self laat vaar,
dat hy na U in ewigheid kan staar.
Hy sal versadiging van vreugde ervaar.
(Psalm 15)