Die lewensasem van my God is my krag,
tot in die laaste nageslag.
Sy barmhartigheid hou oor my die wag,
sy goedertierenheid gebied hy deur die dag.
Met ‘n loflied roep ek uit in die nag:
Die Here Christus is my lewe,
al my sondes het hy genadiglik vergewe!
My siel hef ek op,
tot sy glorieryke aangesig.
Ek roep uit heilig, heilig, heilig is die Lig.
Sy heerskappy kan niemand stop.
U was my hulp vir my,
in die skadu van U vleuels sal ek bly.
Met my siel aan U verkleef,
sal ek U grootsheid altyddeur beleef.