In die donker nag en wind stilte,
in die draf van groot bulte.
Op ‘n sonnige somersdag,
hou U o Vader oor my wag.
Al gaan ek deur donker dae.
Al voel die goeie dae vae.
Nogtans sal ek juig,
sal ek voor U voete buig.
Al sal daar duisende om my val.
Al breek die sonde deur die wal.
Al voel die duiwel in beheer,
sy aanvalle wat my laat struikel keer op keer.
Nogtans is U wil, al wat ek begeer.
Daar is rustigheid in my hart,
al voel ek soms soos ‘n gebreekte part.
Asof my hart nie wil ophou bloei.
So erg dat donkerte oor my begin groei.
Al voel dit soos my laaste asem,
wat ek uitblaas in die koue as ‘n wasem.
Al kos dit my lewe,
en begin die aarde onder my bewe,
weet ek U is omhoog verhewe.
U wil o Heer,
is al wat ek begeer.
Daar is niks in die wêreld wat my kan keer,
om elke dag vir U te lewe meer en meer.