In die donker diep verlore,
word ons elkeen vol sonde gebore.
Ons leer om in die wêreld te bestaan,
maar ons leer nie om die duiwels te weerstaan.
Die donker omvou ons elke dag,
die helderste lig verander in dié nag.
Die vreugdevolle kinders se gelag,
verdwyn een vir een sag sag…
Net voor die donker ons laaste asem steel,
voel ek ‘n hand wat liggies oor my streel.
My hart begin in my ore te klop,
dit voel of skille van my oë af dop.
Die eens donker nag,
verander in ‘n helder somersdag.
Die vuur wat binne my brand,
bring alles tot stilstand.
My eens verdwaalde kop,
sien nou alles wat verborge was in die neutedop.
God se rustigheid het my oorval,
strome lewende water loop oor my hart wal.
God se liefde ken geen perke,
dit bring navore die grootste wonderwerke.
Daar is een ding wat my altyd laat glimlag,
die wete dat God my eendag gaan in wag.