Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.
Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.
Hy sorg vir die voëltjies en die veldblomme, hoeveel te meer sal Hy julle versorg?
Ons is gemaak na sy Beeld, en gekoop, nie met verganklike dinge soos goud of silwer nie, maar met die kosbare bloed van sy Seun.
Wat sal ons dan hiervan sê? As Hy sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons genadiglik oorgegee het, sal Hy nie saam met Hom ons alles skenk wat waarlik nodig is nie?
Sal Hy ‘n goeie werk begin, en dit dan laat vaar?
Sal Hy die punt van die hele skepping se bestaan, naamlik die openbaring en verheerliking van die Seun laat skade ly?
Sal Hy misluk?
Sal Hy halwe werk doen?
Sal Hy enige klein detail nalaat?
Nee.
Hy sal sorg. Hy sal alles ten goede laat meewerk.
Almal sal Hom moet prys vir sy absolute volmaatheid.