Die Here regeer altyd volgens sy prioriteite, goedheid, en wysheid. Sy plan is onverbeterlik. Hy weet alles en verstaan alles.
Om onsself aan sy volmaakte wil te onderwerp, is ware wysheid en tot sy eer, want dit wys dat ons Hom waardig genoeg ag om Hom in alles te vertrou, selfs al verstaan ons nie altyd wat Hy doen en hoekom Hy dit doen nie.