Menu
Oikonomias
  • Home
  • Die HERE is goed
  • Wag op die HERE
  • Afrikaanse gedigte
  • Los gedagtes
  • Engelse Gedigte
Oikonomias

DAAR AAN DIE KRUIS IS GENADE BLOOT GESTEL

Posted on December 14, 2022

Daar is niks goed wat jy vertoon…
Dood in die sonde; dit word nie verskoon…
Want God is geen aannemer van persoon…
Daar is niks in jou waarvoor Hy jou kan beloon…
Hoe is dit dat jy nog in Sy skepping woon?
In rebellie en haat, afgunstig op Sy kroon!
Die toorngloed van ‘n heilige God is jou regverdige loon…
Want die Vader is geen aannemer van persoon…

Hy is wie Hy is…
Hy laat vaar nie wie Hy is, vir jou, o nee, gewis!
Sy regverdige oordeel moet op iemand rus!
Dit verdwyn nie soos mis…

Hy skryf nie net jou sonde af,
en vergeet nie net van die straf…
In Hom is daar geen skadu van verandering,
Sy woord sal geskied, Hy sal dit volbring!

Die woorde wat Hy spreek,
in die tuin: “…jy sal sekerlik sterwe…”
Is die vloek van ‘n verbond deur die mens gebreek!
En hierdie vloek word deur elke mens ge-erwe.
Maar veel meer as dit, om Sy eie woorde te hou,
dra Hy die vloek, van verbondsbreek, as gevolg van jou…

Ja Hy het selfs nie Sy enigste Seun gespaar,
maar Sy toorn in genade opgegaar…
En daar aan die kruis spreek die Seun die Woorde: “My God, my God waarom het U my verlaat?”
Die enigste een wat die woorde waarlik mag uiter, want in Homself was daar niks wat God kon haat!
Maar om jou trou breek te herstel,
Roep Hy uit: “Dit is volbring!”
Hy het sekerlik gesterwe!
God is, wie Hy is!
Die vloek van die tuin is volbring!

Die verbond tussen God en mens is herstel.
Al wat jy kan verdien is die hel,
maar daar aan die kruis is genade blootgestel!

Die dood het geen angel meer…
Hy het sekerlik opgestaan!
Die hemel in opgegaan,
gekroon met lof, heerlikheid en eer!

Bekeer,
want Hy kom weer…
Op daardie dag, werp Hy al Sy vyande neer!
Waar wurm en vuur vir ewig verteer!
Bekeer! En glo!

Want elkeen wat glo in Christus,
GEWIS!
Christus is Sy geregtigheid en sy sondes is vergewe,
hy sal sekerlik lewe!

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Recent Posts

  • Tot eer van God
  • Voed die skape
  • ‘N VERLANGE OM TE HOORT
  • Ravening Wolves Who Wreak Havoc
  • Getrou tot die dood toe

Recent Comments

  1. Shantell Andersen on LAAT MY LEWE GETUIG

Archives

  • July 2023
  • May 2023
  • April 2023
  • March 2023
  • January 2023
  • December 2022
  • November 2022

Categories

  • Aanhalings
  • Afrikaanse gedigte
  • Engelse Gedigte
  • Los gedagtes
  • Preke
  • Uncategorized
@2023 Oikonomias