Soms is daar twyfel in my gemoed.
Soms spartel ek verwoed.
Dit voel of ek wil wegkruip om ‘n hoek,
daar waar niemand vir my sal soek.
Eensaam en alleen,
wil ek my van die wêreld vervreem.
‘n Soeke in myself,
is daar enigiets om voor te delf?
Die donker dring my binne,
die koue omvou my soos linne.
Onsekerheid oor die volgende uur,
begin my binnekort aangluur.
Ek kan nie meer o God,
vat my selfsugtige lewe gou,
ek het nie meer kragte om op te vertrou,
laat bloeisels om my grafsteen bot.
O God my lewe is verby,
ek kan dit nie meer vermy,
U het vir my gely.
Vir myself is ek vir eens en altyd dood,
in U hande plaas ek my nood.
Maak my ‘n nuwe skepping,
o God kom tot my redding.
Om U wil te doen my God,
sal die bloeisels laat bot.
Laat my nuwe lewe begin voort groei,
en my ou aardse bestaan aanhou dood bloei.
Werk in my o Heilige Gees,
dat ek vandag by U kan wees.