Menu
Oikonomias
  • Home
  • Die HERE is goed
  • Wag op die HERE
  • Afrikaanse gedigte
  • Los gedagtes
  • Engelse Gedigte
Oikonomias

DIT VERKONDIG ONS VIR EWIG SAAM

Posted on December 14, 2022

In die die donker nag,
Sit ek en wag…
My hart geteister,
deur die stilte van die duister.

Ek roep, ek roep…
Maar dit is soos die geblaf
van die hond op die stoep…
Ja so leweloos soos ‘n lyk in die graf.

My hart vas gestrengel,
Soos oom Koos wat probeer hengel…
‘n Ruk en pluk en geskarrel,
oor die klippe kom die wind gewarrel.

Ja vasgevang vasgevang in die angs.
Wie is ek?
Wie is ek?
Roep ek beangs!

Verlate verlore,
in donkerte gebore…
Al spartelend een kant opsoek…
My hart al meer en meer gekoek…
Agter die aas en die hoek,
van elke leë belofte in die storieboek…

Ja bedrieglik is die hart bo alle dinge,
Al dra ‘n aap goue ringe…
Bekende woorde in alle kringe…
Tog word ons geflous deur aardse dinge…

Oë wat dwaal,
Woorde vlieg,
dade wat ons bedrieg…

Die Waarheid verruil vir die leuen,
op my eie mag sal ek steun.
Deur die leuens van die duiwel geboei,
Besig om met my hart te stoei…

Verwyder my klip hart en gee ‘n hart van vlees.
O Vader vervul my met U Gees.
In U teenwoordigheid is waar ek wil wees.
Laat my wandel in ‘n weë!
Elke dag, elke tree.

Want selfs toe ek nog vyandig was,
word Christus met my sondes belas.
Beleef Hy die roede,
van die Heilige Vader se woede.

Oë van Sy Vader vol vuurvlamme.
Uitgestort soos die water van damme.
Hoe kan ek terug keer na my ou lewe?
As die Vader dan uit roep jou sondes is jou vergewe!

Want Hy het opgestaan die teken.
Die Seun is as offer gereken.
So het Hy die dood oorwin.
In Hom alleen maak lewe sin!

Want sonder Hom is daar geen lewe.
Ja want buite Hom sal jy bewe!
Selfs meer die toekomstige toorn word jou gegewe.
Want jouself het jy bo die Seun verhewe.

Heilig U naam o Vader!
Dat ek U sal vrees as ek tot U nader!
En nooit die reiniging van my sondes vergeet,
Maar altyd die kruis in my gedagtes heet!

Hoeveel groter is die liefde nou!
Want deur Sy bloed is ons versoen.
Elkeen wat Hom in geloof so noem.
Hy is die enigste lewende Hoop vir my en jou.

My hart sal juig
en my tong getuig:
Heilig, heilig, heilig is Sy naam!
Dit verkondig ons vir ewig saam.

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Recent Posts

  • Tot eer van God
  • Voed die skape
  • ‘N VERLANGE OM TE HOORT
  • Ravening Wolves Who Wreak Havoc
  • Getrou tot die dood toe

Recent Comments

  1. Shantell Andersen on LAAT MY LEWE GETUIG

Archives

  • July 2023
  • May 2023
  • April 2023
  • March 2023
  • January 2023
  • December 2022
  • November 2022

Categories

  • Aanhalings
  • Afrikaanse gedigte
  • Engelse Gedigte
  • Los gedagtes
  • Preke
  • Uncategorized
@2023 Oikonomias