O Vader nietig is elke gedagte van die mens,
selfgesentreerd is sy elke wens,
hy roem in onkunde, in die werke van sy hand.
O Vader nietig is die mens van hierdie land.
Kan ‘n dooie man sien?
Kan ‘n dooie man voel?
Kan ‘n dooie man praat?
En tog,
loop die dooie man en spog,
o wee my,
want hierdie dooie man is ek,
o wee my,
want met my eiesinnigheid was my oë bedek.
o wee my,
want vervloeking is al wat ek verdien,
want hierdie dooie man het geglo hy sien.
O Vader in diepe berou,
staan die dooie man nou.
Wat ek durf om te vra,
daarvoor het ek geen reg,
maak my ‘n nikswerd dienskneg,
wat ‘n voorskoot dra.
O ja, wee my,
want al wat ek kan doen is my sonde bely.