Menu
Oikonomias
  • Home
  • Die HERE is goed
  • Wag op die HERE
  • Afrikaanse gedigte
  • Los gedagtes
  • Engelse Gedigte
Oikonomias

EENDAG

Posted on December 14, 2022December 14, 2022

Here my God o red my siel.
Here my hart is verniel.
O Vader mag ek elke dag by U kniel.
Here laat my U vrees,
O God my God slegs U kan my genees.

Here, Here maak toe my aardse oë,
o God gee my tog die vermoë,
om te smag na die dinge daarbo.

Here ek sal altyd soekend bly,
die duiwel en sy geeste bly my verlei.
o Vader laat u Gees in my brand,
Here my binneste is leeg.
Maak my vol met wat U verheug.

Here U wil is my een begeerte,
U woord is my hele lewe.
O God my bene bewe,
sal U my sonde vergewe.

O God aan U gee ek my lewe oor,
U o God was vir my deurboor.
Eendag O God sal ek die engel koor,
al singende langs U kan hoor.
O Vader maak met my soos U bekoor.

In die donkerte van die nag,
laat my kniel en vir U antwoord wag,
U las is lig en U juk is sag,
O Vader gee my vreugde en laat my lag.

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Recent Posts

  • Tot eer van God
  • Voed die skape
  • ‘N VERLANGE OM TE HOORT
  • Ravening Wolves Who Wreak Havoc
  • Getrou tot die dood toe

Recent Comments

  1. Shantell Andersen on LAAT MY LEWE GETUIG

Archives

  • July 2023
  • May 2023
  • April 2023
  • March 2023
  • January 2023
  • December 2022
  • November 2022

Categories

  • Aanhalings
  • Afrikaanse gedigte
  • Engelse Gedigte
  • Los gedagtes
  • Preke
  • Uncategorized
@2023 Oikonomias