Elke dag is ‘n dag weg van Hom,
die Een wat kom…
en tog
Elke dag is `n dag nader aan Hom, of aan Sy koms of aan my by Hom…
Elke dag is ‘n dag in afwagting vir Hom,
my HERE, my Koning, my Bruidegom..
en tog
Elke dag is ‘n dag as pelgrim in ‘n vreemde land,
om te wandel saam met Hom aan die hand…
Elke dag is ‘n dag verwyder van Hom,
kom tog HERE; kóm!
en tog
Elke dag is ‘n dag nie sonder Hom,
maar vol wonders wat my verstom…
Elke dag is ‘n dag,
maar nie dié dag…
en tog
Elke dag is ‘n dag wat ek weet dié dag kom,
my oë gevestig op Hom! Hy kom; Hy kom…