As U my in die more versadig,
en U bewys my weer U is genadig.
Laat my hart dan juig en U dan loof,
want U is nie soos ek, U doen wat U beloof.
Laat my nie U eer en lof en heerlikheid roof.
Maar mag ek met ‘n volkome hart sing,
van al U goedheid wat U elke more bring.
Tot hierdie ellendige is U gedagtig,
en U weet ek is aan stof deelagtig,
kom my dan te hulp Vader want U alleen is almagtig.
Dan, dan as U krag my oprig,
en ek gedagtig van my afhanklikheid is,
nader ek deur Christus my krag,
vroeg more en elke dag.
Hoor dan Vader hierdie ellendige wat sug,
want dan, dan tot U roem sal ek dra vrug,
met my oë alleen op U heerlikheid gerig.