Die bruídegom,
is áán die kom.
Tyd’s byna om,
is jy buite Hom?
Oor jou sal daar kom:
Die ewige woede,
van God se roede.
Staan jy verstom?
En vra dan waarom?
‘n ewige straf?
Jy is seker laf?
Die wêreld het jou verblind!
Luister! Luister dat jy wysheid kan vind!
Almal is verlore,
in sonde ontvang en gebore!
Die mens is nie goed!
Al wat in sy binneste woed,
is haat vir God en sy naaste.
Daarvan getuig God toe Hy die wêreld moes vloed.
Ja, en nou, nou word dit vir die vuur behoed!
In jou is daar níks goed!
O, ja jou hart wil nie jou skuld bely!
Jy wil glo jy is goed en vry!
Maar die duiwel het jou verlei.
Kyk maar net wat het die mens gedoen:
God se enigste Seun,
het selfs nie vertel een leuen.
En tog, en tog word Hy gekruisig.
Al was Hy die ware lig!
Verder, Christus het gekom om te versoen,
deur Sy bloed.
En tog verwerp jy dit soos nikswerd goed.
Ja, die bloed van die ewige testament,
betaal deur die Enigste Seun van die allerhoogste God deur jou geskend!
Daarom, daarom sal jy vir ewig daarvoor boet.
Want selfs Sy Seun het Hy nie gespaar,
want vir sonde kan God nie staar,
so sal Hy jou ook nie regverdig verklaar!
Daar is slegs een manier om te bedaar,
God se ewige gloed,
wat teen jou woed!
Draai om! Draai om en bely daar is niks in jou goed!
En glo dan in die bruídegom se bloed,
dan stort die Vader se genade neer soos ‘n vloed.
Want Christus het reeds vir jou geboet!