Menu
Oikonomias
  • Home
  • Die HERE is goed
  • Wag op die HERE
  • Afrikaanse gedigte
  • Los gedagtes
  • Engelse Gedigte
Oikonomias

GEBORE IN HIERDIE WÊRELD

Posted on December 14, 2022

Ja want in hierdie wêreld word ons gebore,
vervreemd van God helemal verlore.
Nie net vreemdelinge van God,
maar van nature vyandig teen Hom en Sy gebod.

Ja huisgenote met die reël,
deur misdade en sonde verseël,
volgens die owerste van die mag van die lug,
word die kinders van die ongehoorsaamheid gerig.

In die begeerlikheid van die vlees,
vasgevang was ons sinne gewees.
Ja waarlik van nature kinders van die toorn.
Gebore in hierdie wêreld…

Maar God wat ryk is in barmhartigheid,
het ons, wat dood was en Hom verwyt,
deur Sy grote liefde lewend gemaak,
saam met Christus het ons uit die dode ontwaak.

Ja uit genade is julle gered deur geloof,
dit is die gawe van God,
nie gebaseer op mense werk of gebod,
maar van voor die grondlegging van die wêreld af beloof.

In Christus word die uitnemende rykdom van genade betoon,
sodat ons in Hom die lof en eer en heerlikheid vertoon!

Ja huisgenote met ‘n nuwe reël,
deur die krag van die Gees verseël.
Volgens die genade en wonderbare Lig,
word die kinders van gehoorsaamheid gerig.

Weergebore van bo,
met ‘n nuwe hart wat glo.
Hierdie genade onuitspreekbaar, ja dit verstom!
‘n Vreugde wat nie gaan en kom,
maar gewortel en slegs gevind in Hom!

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Recent Posts

  • Tot eer van God
  • Voed die skape
  • ‘N VERLANGE OM TE HOORT
  • Ravening Wolves Who Wreak Havoc
  • Getrou tot die dood toe

Recent Comments

  1. Shantell Andersen on LAAT MY LEWE GETUIG

Archives

  • July 2023
  • May 2023
  • April 2023
  • March 2023
  • January 2023
  • December 2022
  • November 2022

Categories

  • Aanhalings
  • Afrikaanse gedigte
  • Engelse Gedigte
  • Los gedagtes
  • Preke
  • Uncategorized
@2023 Oikonomias