In volle vertroue staan ons en wag,
met onsekere dinge in die donker nag.
Ons ontspring ons laaste dag,
as gevolg van U ontembare krag.
O Heer ons staan in verwondering,
dank liedere sal ons vir ewig bly sing.
O koning U is die Heerser wat in ons leef,
U asem is in ons ingeweef.
Al weet ons nie wat more gaan gebeur,
weet ons dat agter elke geslote deur,
wag U genade keer op keer.
Mag dit ons leer,
om op U te vertrou meer en meer.
O Heer dankie dat ons weet,
in al ons aardse pyn en leed
sal U nooit van ons vergeet.