Menu
Oikonomias
  • Home
  • Die HERE is goed
  • Wag op die HERE
  • Afrikaanse gedigte
  • Los gedagtes
  • Engelse Gedigte
Oikonomias

GEWOEL…

Posted on December 14, 2022

Gewoel…
…gevoel…
Geswoeg…
…nie genoeg…

Is dit die emosies se gewoel?
Wat brander na brander oor my spoel?
Of ‘n eerlike gevoel?
Of mis jy die doel?

Geswoeg, gesweet…
More is jy vergeet…

Binne maak jou hart klomp draaie,
hobbel hier hobbel daar,
waar word stilte ervaar?
Al kronkelend loop die paaie…

Gejaag na wind van Noord na Suid!
Nog nie genoeg, roep jy uit!
Hoekom loop ek met verwyt?
Is die lewe net vol spyt?

Gewoel…
…gevoel…
Geswoeg…
…nie genoeg…
Is die klank van elke more vroeg…
vir die man wat lewe, onvergenoeg!

Ja gebed het sy lewe verlaat…
Die eerste teken van geloof wat nie sal baat!
Want eie gulsigheid is sy raad,
op homself maak hy staat!
Het gebed jou lewe verlaat?
Pasop! Jou geloof is verraad!
Keer terug more is dalk te laat!

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Recent Posts

  • Tot eer van God
  • Voed die skape
  • ‘N VERLANGE OM TE HOORT
  • Ravening Wolves Who Wreak Havoc
  • Getrou tot die dood toe

Recent Comments

  1. Shantell Andersen on LAAT MY LEWE GETUIG

Archives

  • July 2023
  • May 2023
  • April 2023
  • March 2023
  • January 2023
  • December 2022
  • November 2022

Categories

  • Aanhalings
  • Afrikaanse gedigte
  • Engelse Gedigte
  • Los gedagtes
  • Preke
  • Uncategorized
@2023 Oikonomias