Menu
Oikonomias
  • Home
  • Die HERE is goed
  • Wag op die HERE
  • Afrikaanse gedigte
  • Los gedagtes
  • Engelse Gedigte
Oikonomias

HOE KAN EK ROEP?

Posted on December 14, 2022

Hoe kan ek roep?
Vader… Vader…
Hoe kan ek roep?
Vanuit my hart se stoep?

U liefde, Vader vir my,
hoekom het ek dit gekry?
Vader… Vader…
Hoe kan ek my sondes bely?

My oë was blind.
My hart verslind.
My ore toe gebind.
Vir die Verlosser U Kind.

O Vader, O Vader,
wat ‘n wonderwerk,
moes U in my bewerk?
Dat ek kon roep,
vanuit my hart se stoep,
red my, red my,
want in U is my hart bly!

Verdorwe, verdorwe is die hart,
eiesinnig en, o tog, so hard.
Die bediening van U woord,
tref my hart se akkoord.

Die Here die Gees,
gee my ‘n hart van vlees,
opnuut word ek gebore,
gered want ek was verlore.

O mag ek nie vertrou,
in my eie mag,
my eie krag,
om my te behou.

O nee, o nee,
geloof was vir my gegee.

Hoe kan ek roep?
Vanuit my hart se stoep?
Uit my eie krag?
Uit my eie mag?
Is dit maar net so?
Hef ek vanself my hart na bo?

O nee, o nee,
Ek was totaal en al verlore,
in sonde ontvang en gebore.
My hart hef ek nie na bo,
O nee ek het nie geglo.

Die Gees deur die Woord,
tref my hart se akkoord.
Vader… Vader…

Hoe kan ek roep?
Vanuit my hart se stoep?

O laat dit my nooit begewe,
die reg was my gegewe.
Aan die kruishout was die toorn gedra,
sonder om te kla.

Uit myself sou ek nie wou roep.
O nee, o nee
vir my is dit gegee.

Om voor my Vader te kniel,
en met my hart en mond te bely:
Red my! Red my! My Vader!
Tot U alleen wil ek nader.

Dit, dit is ‘n gawe,
Ja blote genade.
My Vader se liefdes belade.

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Recent Posts

  • Tot eer van God
  • Voed die skape
  • ‘N VERLANGE OM TE HOORT
  • Ravening Wolves Who Wreak Havoc
  • Getrou tot die dood toe

Recent Comments

  1. Shantell Andersen on LAAT MY LEWE GETUIG

Archives

  • July 2023
  • May 2023
  • April 2023
  • March 2023
  • January 2023
  • December 2022
  • November 2022

Categories

  • Aanhalings
  • Afrikaanse gedigte
  • Engelse Gedigte
  • Los gedagtes
  • Preke
  • Uncategorized
@2023 Oikonomias