Saam sal ons huil, saam sal ons loof, maar nooit Hom van Sy eer ontroof.
Hy is goed en doen altyd goed,
al sĂȘ ek soms anders in my gemoed.
Dan is ek die een wie se hart is duister,
ek is die wit graf gepleister.
Hy verander nooit en doen altyd reg,
mag my lippe nooit anders seg.
In Hom sal my hart verheug,
Hom besing oor elke goeie deug.
Uit duisternis het Hy my gebring,
daaroor sal ek nooit ophou sing.