Let tog op my woorde,
die diep versugting van my hart’s akkoorde…
Hoor tog my hulpgeroep my Koning,
want in afwagting vertoef ek in ‘n woning.
My binneste verteer en my mond is ‘n oop graf,
al wat ek verdien is die toorngloed U straf…
Maar tog in vrees vir U naam,
sal ek sonder om te beskaam,
tot U nader.
Want deur U goedertierenheid is U my Vader…
Niks wat ek kon doen…
Nee alleen deur die bloed van Christus versoen.
Slegs uit U genade,
omskryf in U liefdesbelade.
Slegs deur geloof in Hom wat my sonde dra,
Kan ek kom met vrymoedigheid en vra:
Wees my o sondaar genadig,
mag ek tog bly wees en jubel in U alleen besadig.