‘n BEDEVAARTSLIED. Van Dawid. Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers ook saamwoon!
PSALMS 133:1
Net so seker soos God se seën van bo
deur Aaron as hoë priester wat
deur God gekies, geseën en geheilig is
deur middel van olie
aan Israel gegee word;
Net so seker soos God se seën van bo
deur Sion as woonplek wat
deur God gekies, geseën en geheilig is
deur middel van dou,
aan Israel gegee word;
So seker word God se seën van bo
deur die samekoms van broers wat
deur God gekies, geseën en geheilig is
deur middel van die bloed van Christus,
aan Israel gegee;
want in Hom gebied God die seën en die lewe tot in ewigheid.
Kyk, dan hoe wonderlik en lieflik is dit dat broers kan saamwoon.
Ja, waarlik hier waar hulle God liefhet word hulle verander na die beeld van Sy seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders.