Loof die Heer o my siel!
Loof die Heer al word ek verniel,
want biddend bly ek kniel.
O God vat U die wiel.
Laat my lewe om te loof!
Laat my hart weerklink,
U beloftes aan my beloof.
Dag en nag sal ek hulle bedink.
Goedertierend en lankmoedig is U o Heer,
net een asem en eks nie meer.
U Gees lei my tot berou,
sodat my hart kan leer,
om nie te bly klou,
aan die sonde o so flou.
o Hemelse Vader,
laat my elke dag tot U nader.
U is my hart se vreugde,
dag na dag weerklink U lof en deugde.
o Here maak my hart tog leeg,
vul my met U woord se vreugde in my jeug.
o barmhartige Vader laat tog elke asemteug,
U lof en heerlikheid die wêreld deur beweeg.
In U liefde wil ek my verheug.