O Vader kan U by my wees.
Laat my U vrees,
nie om bang te wees,
maar om my te genees,
deur die Trooster die Gees.
In U alleen wil ek my verheug,
elke dag van my jeug.
U wil ek leer ken
veel meer persoonlik as papier vir pen.
Here U is die lig,
U goedheid kan niemand omdig.
Met my hart na bowe gerig,
wag ek op U om my weer op te rig.
Daar waar die Gees is is jy vry,
deur die Seun is vir jou verkry,
die ewige lewe as jy Hom bely,
en die sonde elke dag bestry.
Jaag die vrede na,
vergeet van jou eie behae,
vergeet vir ‘n slag van jou vrae,
en nader tot God en wag…
Tot jy beleef Sy koninklike prag,
die Gees jou betoon Sy ewige krag,
verkondig dan die Seun wat heers oor elke mag
en ons harte laat juig elke dag.