Die Vader se genade is groot,
wie verkeer in sonde, angs of nood?
Roep om hulp na die Lewende Brood!
Met die Seun se bloed is jy losgekoop.
By Hom en Hom alleen is daar rus,
sonder Hom is daar geen vergiffenis.
Hoe soet is die wete dat die Vader hoor…
Want vir die Seun is ‘n liggaam berei, gegrawe vir Hom ‘n oor,
om die wil te doen van Sy Vader,
Sy lewe te gee, sodat ons weer tot God kan nader.
Met my bloed bevlekte hande,
al my skuld en skande…
Buig ek voor die Regter neer,
dieselfde Een wat sonde met vuur verteer.
Maar wat ook die enigste weg van saligheid leer…
Geen aannemer van die persoon,
Geen sonde word ooit verskoon,
die dood daarvoor die loon…
Sy Seun het Hy nie gespaar,
die toorn word vir Hom opgegaar…
So ook vir elkeen wat nie na Hom in geloof staar,
en deur Sy bloed as sondeloos word verklaar…
Daarom word die Regter ook Vader,
vir elkeen wat deur die Seun nader.
Maar vir die ander word God’s toorn vergader.
Hoor tog, hoor tog die tyd kom al nader.