O Vader wat ‘n vreugd’
is dit nie om U te prys!
U naam vir ewig te laat rys!
Te bedink U lof en deugd’!
Want buiten U is daar,
geen ander Vader waar
ons bedek word van elk gevaar!
Laat elke nasie tong en taal,
U lof en eer betaal!
Want heerlik is u Naam,
daarvoor sal’k nie skaam!
Laat my na U genade troon,
juigend en biddend gaan
my buigend in vertroue staan,
want my Redder is gekroon,
Sy bloed was my skoon!
Sonder vlek sal ek toon,
want aan die kruis betaal Hy die loon!
Wanneer Hy weer in glorie kom,
sal ek verklaar word regverdig in Hom!