O Vader ek sit in berou,
Ek bly hewig ontrou.
Maar U bly ewig getrou,
U genade sal U van my nie weerhou.
My onreg wat my sonde uitwys,
laat die geregtigheid van God as bewys.
Maar as die waarheid van God,
navore kom in my lewe van genot,
moet ek nie bly sondig teen Sy gebod?
Of in beter woorde gestel,
moet ek my nie met die kwaad kwel,
sodat die goeie navore snel?
Hierdie woorde sal veroordeel word met die hel.
Ons weet wat die wet sê,
praat met die wat onder die wet is,
sodat elke mense mond kan gaan lê
en die hele wêreld doemwaardig beslis.
Die werke van die vlees,
kan ons nie voor God regverdig laat wees.
Deur die wet,
kan ons op die sonde let.
Die geregtigheid kom van God,
sonder die wet, die gebod.
Dit is vir elkeen beloof,
deur, in Christus te stel, die geloof.
Los dit ons dan met enige roem?
Nee ons is onder die wet verdoem.
Want om te glo,
is slegs uit genade van bo.