Tot op my knieë word ek gedryf…
Geen slaap of rus vir my lyf.
Soekend, verlore… Verbryselde bene,
Ja ‘n warpoel tot selfs in my gene.
‘n Hart eens oortuig,
nou sonder klank of gejuig.
Soekend, verlore… In die diep donker nag…
Ja eenkant en alleen sonder enige mag.
Selfs my stem keer terug,
stom en donker my oë sonder lig.
Soekend, verlore… Met sere voltrek,
ja van geboorte in gebrek…
My hart sal my mislei,
want afgode sal dan van nature bely.
Soekend, verlore… Red my, red my,
want ek is net klei.