Ek sukkel om te waak,
om opgewonde te raak,
wat in hierdie wêreld maak nou regtig saak?
Sonder ambisie doen ek elke taak.
My lyf voel moeg,
so asof ek myself af swoeg.
Van laat aand tot die more vroeg,
is ek net besig om my eie land te ploeg.
Die dae gaan verby,
elke dag se klok lui.
Dit is asof alles dieselfde bly.
Ek hou aan om elke dag te ly.
Elke dag is ‘n gekla.
Ek kyk net vas in die dinge wat my pla.
Ek jaag net die wind na.
Met my eie missie en vrae.
Dit was my lewe,
as gevolg van my selfsugtige strewe.
Maar U het my fondasie laat bewe,
en my moed het my begewe.
U het my uit my eie plan geruk.
Ek moes maar my trots sluk.
Die donker rondom my was dik,
om elke hoek en draai het ek geskrik.
Ek was sonder enige krag,
dit was daar waar U vir my wag.
Met U grote gesag.
Maak U my donker nag weer dag.
U verwyder my hart van selfsug,
en wys my U pad oordek met lig.
U het nou my lewe gerig.
My angs voel nou heeltemal verlig.
As ek nou in die oggend opstaan,
weet ek waarheen ek gaan.
Daar is net een noue baan,
my eie land werk ek nie meer aan.
Nee aan U tuin, ek werk nou daaraan.
Ek werk aan u plan tot ek vergaan,
en daarna sal ek in heerlikheid langs U staan.